God het jou lief net soos jy is,
maar Hy het jou te lief om jou net so te los!
God wil hê dat ons moet aanhou groei,
om meer en meer die beeld van Jesus te vertoon!

‘n Seuntjie het in die nag uit sy bed geval.
Sy ouers het in die kamer ingehardloop om te hoor wat gebeur het.
Hy het geantwoord:
“Ek weet nie!
Ek dink ek het te naby gebly aan die plek waar ek ingeklim het!”

So is dit met baie gelowiges.
Ons bly by waar ons ingekom het in die geloof.
Ons groei nie in ons geloof nie.

Dissipelskap – om Jesus te volg – is ook ‘n Bybelse begrip vir “om te groei”.
God wil hê dat ons sal groei in sy Woord,
in vertroue op Hom,
in gehoorsaamheid aan Hom,
en in gereelde gesprek met Hom!

Efesiërs 4:14-15 sê treffend hieroor:
“Ons sal nie meer, soos klein kindertjies,
onseker wees oor wat van ons verwag word nie.
Ons sal nie soos ‘n skip wees wat deur die golwe rondgeslinger word,
of deur die een wind hiernatoe,
en die ander wind daarnatoe gedryf word nie.
Net so sal ons nie na elke nuwe godsdienstige praatjie op die mark luister nie.
Ons sal in liefde lojaal teenoor mekaar bly,
en net op die pad van die waarheid bly.
Ons verhouding met Jesus sal in alles net sterker word…”

Ernest