Johannes 3:16 is lewensveranderend!
Ons moet nie net hierdie Bybelvers en God se liefde verstaan nie.
Dit is eers lewensveranderend wanneer dit gelééf word.
Dit is wat jy met God se liefde dóén, wat die verskil maak.

“God het die mensdom só liefgehad, dat Hy sy enigste Seun gegee het,
sodat elkeen waat in Hom glo, nie verlore gaan nie,
maar die ewige lewe sal hê.” Johannes 3:16 – Nuwe Lewende Vertaling.
Martin Luther het dit ‘n miniatuur-evangelie genoem.
Die woorde wat mens die meeste aangryp, is hóé lief die Vader jóú het.
Dit is terselfdertyd die deel wat die moeilikste is om te verstaan.
Wat presies is dié liefde? Hoe werk dit?

In die tyd toe Johannes sy Evangelie geskryf het,
was daar in die Griekse taal verskillende woorde vir “liefde” en “liefhê”.
Dit raak ‘n ingewikkelde studie,
maar ‘n woordeboek kan nie uitlê wat God se liefde is nie.
Dit kan nie verduidelik hoe dit ‘n ateïs tot geloof bring,
of ‘n stukkende mens heelmaak nie.
In Johannes 3:16 is dit duidelik dat God nie net gesê het hoe Hy voel nie,
maar dat Hy iets gedoen het!
Hy het mense nog van altyd af lief,
maar aan die kruis het Hy dit konkreet en sigbaar kom sê en wýs!
Liefde is wat jy doén!

Met ‘n vers wat so bekend soos Johannes 3:16 is,
kan die betekenis vir jou afgewater raak.
Vir die eerste hoorders was die woorde skokkend.
Propvol verstommende nuwe betekenis,
oor die groot prys wat betaal is om mense te verlos.
Die ontferming daarin, die liefde daarin, die genade,
die begrip, die troos…die ware lewe!
Gaan lééf 3:16!
Liefde moet gedoen word.

Ernest