Dit klink na ‘n snaakse opdrag.
Maar dit staan in Efesiërs 5:1-2:
“Maak soos God gemaak het,
want so maak kinders wat ‘n liefdevolle Vader het.
Elke dingetjie wat jy doen, moet van liefde straal.
Dit is mos die voorbeeld wat Jesus vir julle gegee het.
Hy het Homself geoffer en God het die offer aanvaar,
as betaling vir al die skuld wat ons met ons sondes gemaak het.”

The Word on the Street vertaal dit só:
“Copy God: imitate Him; mimic His mannarisms,
like kids end up walking and talking like their old man.
Love people like Jesus.”

Yul Brynner was vir 33 jaar die koning van Siam,
in die beroemde Rogers en Hammerstein “musical”, “The King and I”.
In die begin het hulle vir Yul opgemaak om soos die koning te lyk.
Hulle moes sy kop kaal skeer en hom grimeer.
Toe hy sestig word, het hy dit glad nie meer nodig gehad nie.
Hulle het nie nodig gehad om hom op te maak nie!
Sy kop was van nature kaal, en sy gesig het klaar gelyk soos die koning.
Hy het so in die rol ingegroei dat hy die rol geword het!

Dit is ook wat die Heilige Gees met ons wil doen.
Hy wil ons meer en meer verander en laat groei,
om “te maak soos God gemaak het”.
Om te leef soos Jesus op aarde geleef het.

Ernest