Michael Josephson skryf treffend oor die waarde van jou lewe.
Oor die waarde van jou dae…. elke dag.
Of jy nou reg is of nie,
eendag sal alles soos jy dit ken tot ‘n einde kom.
Daar sal geen sonsopkomste, geen minute,
geen ure en geen dae meer wees nie.
Alles wat jy bymekaargemaak het
– of jy dit nou koester of vergeet het –
sal aanbeweeg na iemand anders toe.
Jou welvaart, bekendheid, en tydelike mag,
sal krimp tot irrelevansie.
Wat jy besit het of wat aan jou verskuldig is,
sal nie saakmaak nie.
Jou verwyte, frustrasies en renonse sal uiteindelik verdwyn.
So ook jou hoop, drome, ambisies en moet-doen lyste,
wat almal sal verstryk.
Dit wat gewen of verloor is, wat eens so belangrik was, sal wegkwyn.
Dit sal nie saak maak waar jy vandaan kom,
of aan watter kant van die spoor jy gebly het nie.
Dit sal nie saak maak of jy beeldskoon of briljant was nie.
Selfs jou ras en geslag sal irrelevant wees.
Wat sal dus saak maak?
Hoe sal die waarde van jou dae gemeet word?
Wat sal saak maak:
is nie wat jy gekoop het nie, maar wat jy gebou het;
nie wat jy gekry het nie, maar wat jy gegee het;
nie jou sukses nie, maar jou beduidenheid;
elke handeling van integriteit;
deernis, moed en opoffering vir hulp ander.
Wat saakmaak is nie jou vaardigheid nie,
maar jou karakter.
Nie hoeveel mense jy geken het nie,
maar hoeveel mense ‘n blywende verlies sal ervaar,
wanneer jy weg is.
Wat saak maak is hoe lank jy onthou sal word,
deur wie, en vir wat.
‘n Lewe wat saak maak gebeur nie net nie.
Dit is ‘n doelbewuste keuse om vir die Here te leef.
“Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom”.
Psalm 90:12.
“Moet daarom nie onverstandig optree nie,
maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen”.
Efesiërs 5:17.
Ernest