Die woord “sagmoedig” het ‘n wonderlike samestelling.
“Sag” plus “moed”.
As jy hoor Jesus was sagmoedig,
moet jy nie dink Hy het toegelaat dat ander oor Hom loop nie.
As jy die woord “sagmoedig” in die Grieks bekyk,
dan sien jy dit is ‘n sagsinnige krag wat goed onder beheer is.
Jou krag word nie onbeheersd aangewend nie.
‘n Sagmoedige mens is sensitief vir ander se gevoelens.
Jy sien mense raak en kyk nie bo-oor hul gevoelens en behoeftes nie.
Sagmoedigheid behels ook aanmoediging, en nederigheid, en goedheid.
Die woord “sagmoedigheid” word by die vrug van die Gees,
in Galasiërs 5:22 ook vertaal met “goedhartigheid”.
Maar sagmoedigheid is ook dapper, vol moed, en neem standpunt in.
Jy pak moedig die bul by die horings. Jy sal liefdevol vermaan.
Jy diens nie terug wanneer God se wil oortree word,
en sy Naam skade of oneer aan gedoen word nie.
Hoewel sagmoedigheid ‘n sagte kant het wat meeleef,
het dit ook ‘n dapper kant wat die waarheid in liefde praat en doen.
Matteus 5:5: “Geseënd is die sagmoediges,
want hulle sal die nuwe aarde ontvang.”
Die wonderlikste uitnodiging van Jesus,
beklemtoon ook sy sagmoedigheid, in Matteus 11:28-29:
“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is,
en Ek sal julle rus gee. Neem My juk op julle en leer van My,
want Ek is sagmoedig en nederig van hart,
en julle sal rus kry vir julle gemoed.”
Wanneer die Here in hierdie Woord sê ons moet van Hom leer,
dan moet ons veral ook van Hom leer om sagmoedig te wees,
en nederig van hart te wees!
Leef sagmoedig…soos die Here….vir die Here.
Ernest