“Wie My verwerp en nie my woorde aanneem nie,
het reeds iets wat hom veroordeel:
die woorde wat Ek gespreek het,
sal hom op die laaste dag veroordeel.” – Johannes 12:48.
Let op: Die Here sê wie Hóm verwerp, het reeds iets wat hom veroordeel.
En ook: Wie die wóórde van die Here verwerp, verwerp die Here,
en het reeds iets wat hom veroordeel.
Almal wat hoor van die Here Jesus, aanvaar Hom nie.
En almal wat sy woorde hoor, aanvaar ook nie sy woorde nie.
Dit is soos die oom aan wie baie goeie medisyne voorgeskryf is.
Hy het vir almal vertel hoe goed die dokter is,
en hoe goed die medikasie is wat die dokter aan hom voorgeskryf het.
Tog het hy nie gesond geword nie, want hy het nie die medikasie gebruik nie!
Hy het nie sy volkome vertroue daarop geplaas en dit deel van hom gemaak nie!
Ons kan weet Wie Jesus is deur alles wat ons van Hom hoor,
en weet watter goeie dade Hy doen en watter woorde Hy sê,
maar as ons Hom nie persoonlik aanvaar as Verlosser nie,
en ál ons vertroue nét op Hóm en sy woorde plaas nie,
sal ons nie gered word nie.
Die wat waalik glo het ontdek dat die Here nie net
nog ‘n groot profeet is nie, maar God self!
Al is Jesus se woorde duidelik genoeg, verwerp die meeste mense dit steeds.
Daarom sê Jesus dat die woorde wat Hy gespreek het,
hulle op die laaste dag sal veroordeel.
Word alle goeie mense eenvoudig gered?
Glad nie. Dan sou Jesus se koms en dood onnodig wees!
Dit is nie goeie dade wat ons red nie, maar Jesus Christus self!
Moenie die belangrikste Persoon van alle tye misloop nie!
Al is jy hóé ‘n goeie mens…..
Ernest