Ons is einlik almal skatryk.
Daaroor hoef ons nie eers te redeneer nie.
Dit hang net af met wie jy jou vergelyk,
wat hierdie redenasie interressant kan maak.

As gelowiges moet ons anders na ons rykdom kyk,
as wat die sekulêre wêreld daarna kyk.
Die wêreld meet welstand aan sukses, voorspoed en geluk.
Psalm 49:12-13 sê dat ook die rykes verganklik is.
In Prediker 5:9-10 se die skrywer dat hy wat geld liefhet,
kry nie genoeg van geld nie…en wie rykdom liefhet…,
ook dit is tevergeefs.

Tog verwag God van ons om die rykdom waarmee Hy ons seën,
verantwoordelik te bestuur, want alles kom van Hom af!
Ons is slegs die rentmeesters van sy oorvloed waarmee Hy ons seën.
Ons is sy verteenwoordigers om ons aardse welvaart
oordeelkundig en biddend te bestuur en uit te deel.

Romeine 11:33 sê alle ware rykdom en wysheid is in God te vinde.
Spreuke 22:9 beteken Christelike rentmeesterskap vereis van ons
om met oorgawe te gee, en volgens Jakobus 1:27 om armes,
weduwees en wese uit jou “verdienste” te help.

Ons moet verder onthou, volgens Lukas 21:1-4;
om jou dankoffer of offergawe aan God terug te gee,
het eerder met jou hartsinstelling te doen, as met die hoeveelheid.
Rentmeesterskap, volgens God se koninkryksbeginsels,
vereis nie dat ‘n gelowige geld minag nie,
of nie moet streef daarna om dit te verdien nie.
Ons het dit immers nodig vir basiese oorlewing,
en God wil deur ons sy koninkryk bou en mense seën,
met ons vrygewigheid en ons dankoffers.
Die Woord waarsku wel teen ‘n verknogtheid aan geld – 1 Tim. 6:10.

Wees ‘n goeie rentmeester van die rykdom waarmee God jóú seën.

Ernest