Filippense 1:27-28:
“Gedra julle altyd so dat julle ‘n advertensie vir Christus is.
Daarmee moet julle regtig moeite doen.
Ek wil net goeie dinge van julle hoor,
of ek nou na julle toe kom of nie.
Ek wil hoor dat julle soos een man saamstaan,
en alles doen om ander mense te oortuig
dat die goeie boodskap regtig goed is.
Moenie dat die ander wat van julle verskil,
julle senuagtig of bang maak nie.
Julle pad loop na God toe.
Hy is die Een wat julle red omdat julle in Christus glo.
Ons het dit nie verdien nie,
maar God het dit ter wille van Christus vir ons gedoen.”

Wat ‘n boodskap!
Dit spreek so vanself!
Kom laat ons lewens nou ‘n Jesus-advertensie wees!
Ons praat mos dikwels van ‘n advertensie as ‘n “AD”.
Die Engelse AD laat ons dink aan die Joodse
geloofsbelydenis wat hulle daagliks doen:
“ShemA, Yisrael, YHWH Eleheinu, YWHW ehaD”.
Dit is die betekenis van Deut. 6:4:
“Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here”.
Die laaste letters van die eerste en laaste woord,
maak ‘n Hebreeuse woord AD wat “getuie” beteken!
Jou lewe is ‘n AD, advertensie of getuie,
dat daar net een God is! Net een Jesus.
En “shema” beteken ook nie net “hoor” in Hebreeus nie,
maar ook “gehoorsaam wees”.
Lééf wat jy hóór!

Lees weer vers 27!
Vers 27 sê ons moet as ‘n Jesus advertensie, ‘n Jesus-AD,
regtig moeite doen om so te leef,
dat die mense kan sien en ervaar
dat die goeie boodskap regtig goed en waar is!

Ernest