Filippense 4:8 praat verder oor bekommernis:
“Weet julle waaraan julle moet dink,
in plaas daarvan om julle te sit en bekommer?
Dink aan dit wat vir God saak maak, dinge wat ordentlik en reg is,
dinge waaraan God sal dink en waarvan Hy sal hou,
dinge wat God sal sê goed is.
Moenie julle tyd mors om aan allerhande
nuttelose dinge te sit en dink nie.
Hou julle besig met dinge wat die moeite werd is,
en wat God in ‘n goeie lig stel.”

Die gemiddelde persoon het ongeveer 50 000 gedagtes ‘n dag.
Geen gedagtes is regtig neutraal nie.
As jy positief of negatief dink, sal jy dienooreenkomstig optree.
Wanneer ons soek vir die plekke waar God se karakter gesien word,
word ons herinner aan sy teenwoordigheid.
Ons sien dit dan in ons werklikheid in die wêreld, en ervaar sy seën!
Kyk net weer na die laaste gedeelte van vers 8:
“Hou julle besig met dinge wat die moeite werd is,
en wat God in ‘n goeie lig stel.”

Paulus leer ons:
Daar sal altyd êrens ‘n gemors in die wêreld wees.
Dinge om oor te kla.
Daar sal ook altyd goeie goed wees.
Iets om voor dankbaar te wees.
Ons kan ons vrye wil uitoefen.
Jy kan kies om positief of negatief te wees.
Fokus op God se goed in jou lewe!

Let op die treffende vertaling van vers 8 in The Message:
“Summing it all up, friends,
I’d say you’ll do best by filling your minds,
and meditating on things,
true, noble, reputable,authentic, compelling, gracious –
the best, not the worst; the beautiful, not the ugly;
things to praise, not things to curse.”

Kies om dankbaar te wees en positief te leef.

Ernest