In Matteus 22:42-44 vra Jesus:
“Wie se Seun dink julle is die Messias?”
“Dawid s’n”, sê hulle dadelik.
“Wel, as dit so is, hoe verklaar julle dan dat Dawid
in een van sy psalms die Messias sy “Here” noem?
Luister wat sê Dawid self:
“God, die Here, het vir my Here gesê:
Kom sit op die spesiale ereplek hier langs my.”
Jesus haal die eerste vers van Psalm 110 aan.
Hy wil vir die Fariseërs daarop wys dat die Christus
nie die seun van Dawid is nie, maar die Here van Dawid!
Jesus is die Here! Die Seun van God!
Jesus wil duidelik stel Wie Hy is!
Die Fariseërs gee die tipiese Joodse antwoord.
Jesus wil hulle verder laat kyk…na God!
Jesus, wat die Christus is, is die Seun van God!
Voor die ingang van die RCA gebou in Fith Avenue, New York,
is ‘n reuse standbeeld van Atlas, die sterkste man in die wêreld,
wat al sy spiere inspan om die aarde se swaar las op sy skouers te dra,
maar skaars regop kan staan.
Aan die ander kant van Fith Avenue is St. Patrick-katedraal.
En agter die altaar is ‘n beeld van Jesus as ‘n jong seun,
wat sonder enige inspanning die wêreld in sy een hand vashou!
Jesus is die Here!
Hy dra die wêreld.
Ons hoef nie meer die wêreld op ons skouers te dra nie.
Hy regeer en Hy is in beheer!
Jesus is jou Here!
Ernest