Die Here word nie beïndruk deur uiterlike vroomheid nie.
Godsdienstiges wat net uiterlike gebruike nakom mag indrukwekkend lyk,
maar dit bring nie ons innerlike lewens onder beheer nie.
Jesus verduidelik di took so aan die godsdienstige leiers in Markus 7.
Geloof moet eerste die binnekant van ons lewens verander.
Dan sal godsdienstige handelinge enige sin maak.
Anders is dit net vroom gebruike en streng reëls.
Ons veroordeel selfs ander mense wat nie die gebruike handhaaf nie.
Mag die veranderings in ons altyd hartsveranderings wees.
Johannes die Doper wys ons hoe geloof werk.
Dit bring jou hele lewe in beweging.
Johannes het geweet die tempel se dae is getel.
God wil die wêreld nou verander deur die Messias.
En Johannes moet sy pad voorberei.
God se reddingsplan verskuif,
vanaf die statiese tempelkompleks in Jerusalem, na Jesus!
Johannes moes in geloof hierdie nuwe verskuiwing inlei deur sy bediening.
Daar was nie meer tyd vir reëls en wette en gebruike nie.
God se nuwe beweging vra ‘n nuwe manier van leef.
Ons kan nie oor God se werk en beweging praat,
as ons lewens nie saampraat nie!
Woorde wat nie deur ons lewe gedra word nie is leeg.
Ernest