Waste soort Jesus volgeling is jy?
Praat jy net oor die wil van God, of leef jy dit uit?
Jesus sê in Matteus 23:3 vir sy volgelinge:
“Julle kan gerus maar luister oor wat hulle van die wet van Moses sê,
en dan ook só leef. Maar oppas!
Moet net nie doen wat hulle doen nie.
Wat hulle sê en wat hulle doen, is twee verskillende dinge.
Hulle woorde en hulle dade verskil soos dag en nag.”
Die Fariseërs het godsdiens gepraat, maar nie saam met God geleef nie.
Hulle het al die kennis, maar geen verhouding met God nie.
Dit gaan oor hulleself en hoe sekuur hulle die wet kan nakom.
Dan is hulle mos indrukwekkend in die oë van die res.
Iemand het gepraat van “muskiet” volgelinge, of “heuningby” volgelinge.
So klein as wat ‘n muskiet mag lyk, probeer slaap as hy om jou kop draai.
Die heuningby, aan die ander kant, sal jou selde pla,
vlieg tussen blomme en maak heuning.
Mense is ook soos muskiete of heuningbye.
‘n Raserige pyn, of ‘n nederige plesier, van nut.
Jesus sê wanneer jy oor die wet van Moses praat,
moet jy dit ook leef!
Dan is jy soos ‘n heuningby.
As jy net oor die wet praat en dit nie leef nie,
is jy soos ‘n raserige muskiet.
Gaan dit vir jou oor wat jy uit die lewe kan kry,
deur die wet na te kom, dan is jy soos ‘n muskiet.
Of gaan dit vir jou oor die bydrae wat jy tot lewe maak,
dan is jy soos die heuningby.
Die twee broers, David en John Livingstone,
het totaal verskillende doelwitte gehad.
John wou ryk wees. David wou net ‘n Jesus volgeling wees.
Altwee was suksesvol in hul doelwitte. John het skatryk geword.
David het ‘n mediese sendeling en ontdekker in Afrika geword.
David het daar ‘n groot impak vir die Here gemaak.
Mense het gevoel of hulle in Jesus se teenwoordigheid was, by David.
Hy leef wat hy leer en glo. Dit het John, sy broer,
op sy eie grafsteen laat skryf deur sy oorlewendes:
“Here lies the brother of David Livingstone.”
Leonard Sweet skryf:
“To all who feel tempted to take seats among the rich, Jesus cries out:
“Don’t sit there! Disciples of Christ are not to sit, they are to STAND.
The question is this: Are we standing up and serving others,
or sitting down and feeling good?”
Watter soort Jesus volgeling is jy?
Ernest