Jesus keer in Markus 2 terug van Kapernaum.
In ‘n huis vol mense is Jesus besig om
die Goeie Nuus aan hulle te vertel.
Vers 3 sê daar daag toe vier mans op,
wat ‘n verlamde vriend op ‘n mat dra.
Hulle kon nie in die vol huis inkom nie,
en laat sak hul vriend deur ‘n gat in die dak.
Vers 5 sê: “Toe Jesus hulle geloof sien,
sê Hy vir die verlamde man: “My seun, jou sondes word vergewe.”
In vers 10 sê Hy dan vir die Skrif-kenners:
“Ek gaan nou vir julle bewys dat Ek, die Seun van die mens,
die outoriteit het om sondes op aarde te vergewe.”
Dan sê Jesus vir die verlamde in vers 11:
“Ek beveel jou, staan op, vat jou mat, en gaan gesond na jou huis toe!”

Deur dit sê Jesus vir die man hy het ‘n plek in God se hart.
En dit geld ook vir jou. Jy behoort. Jy is in God se hart.
Vergifnis is baie groter as wat ons dink.
Karl Menninger, die bekende sielkundige,
sê 75% van sy pasiënte sou ontslaan kon word,
as hulle maar net kon glo hulle sondes word vergewe.
Jesus gee aan die verlamde man twee dinge wat hy nodig het,
nodig het om te lewe! Genade, en vergifnis!

Genade word op vier vlakke beleef:
Genade maak jou vry van al jou sondes.
Genade sê dat God jou aanvaar het.
Genade verander jou om ‘n nuwe mens te word.
Genade laat jou dankbaar leef.

Genade gee vir jou ‘n gevoel van “anyone can die,
but to live, that is the challenge!”
Daarmee saam gee genade vir jou die bewondering,
die absolute bewondering, van God se vrygewigheid!

Ernest