In Markus 2 lees ons van vers 14 af:
“Terwyl hulle nog so loop en praat, sien Jesus vir Levi,
Alfeus se seun, in die belastingkantoor sit.
“Kom saam met My”, sê Jesus vir hom.
Hy het opgestaan, sy goed gevat, en agter Jesus aangestap.
‘n Rukkie later het Levi ‘n ete by sy huis gehou.
Jesus was ook daar met die mense wat agter Hom aangeloop het.”
Levi se ander naam was Matteus, bekend as die tollenaar.
Die tollenaars was gehate mense.
Nie net het hulle tolgeld vir die Romeine, die vyand, ingevorder nie,
maar hulle was ook bekend daarvoor dat hulle die volk verneuk het.
Matteus weet Jesus is in sy dorp,
maar weet ook hy het nie ‘n kans om Hom te ontmoet nie.
Niemand sou ’n tollenaar naby Jesus wou toelaat nie.
Jesus sou hom ook seker wou vermy, het Matteus waarskynlik gedink.
‘n Prostituut het begin om na ‘n kerk se vrouebyeenkomste te gaan.
Die predikant moes haar vra om nie meer te kom nie,
anders sou die ander vroue dit nie meer bywoon nie.
Sy was geskok en het gesê, en gevra:
“Ek weet ek is ‘n sondaar.
Maar waar is ‘n plek dan waarheen sondaars kan gaan?”
Gelukkig het die Salvation Army haar met ope arms ontvang, soos Jesus!
En so het sy ‘n toegewyde volgeling van Jesus geword!
Dit is hoe Matteus moes gevoel het,
totdat hy hom in die oop arms van Jesus vasgeloop het!
Almal is welkom by die Here! Almal is vir die Here ewe spesiaal.
Amy Grant het gesê:
“Some people think I should stand in the light and give my witness.
But I believe God has called me to stand in the dark,
and there give off my light.”
Jesus is nie kieskeurig nie!
Ernest