Een ding waarin ons arm is, as kinders van die Here, is vreugde.
Die Here wil hê dat vreugde een van ons heel belangrikste kenmerke sal wees.
Vreugde, en nogmaals vreugde, oor wie ons in Hom is, en oor die lewe!
C. S. Lewis het gesê:
“Joy is the serious business of heaven.”
William Barclayhet gesê:
“The mark of a Christian is a smiling radiance.
The live that is lived in Christ, cannot be lived other than in joy!”

Ons verloor ons vreugde wanneer ons lewe deur godsdienstige “motions” gaan,
in plaas daarvan om in ‘n verhouding met die Here te leef!
Dit gebeur ook in Markus 2 waar mense in vers 18 vir Jesus vra:
“Waarom vas die dissipels van Johannes en die dissipels van die Fariseërs gereeld,
maar jou dissipels vas nie?”
In vers 19 antwoord Jesus hulle: “Dis tog ondenkbaar dat die bruilofsgaste sal vas,
terwyl die bruidegom nog saam met hulle feesvier.”

Jesus is verseker nie teen vas nie. Maar teen godsdiens sonder hom.
Jesus sluit by ‘n gebruik aan wat hulle goed verstaan het.
Na ‘n Joodse troue het die paartjie nie weggegaan nie,
maar vir ‘n week of twee “open-house” gehad.
Almal het kom kuier en saam aangehou feesvier!
Jode sê dit word deur hulle onthou as die gelukkigste tyd in hulle lewe!
Jesus sien sy volgelinge as genooide gaste by ‘n bruilof!
Ons ken ook die Bybelse beeld van die Bruidegom , Jesus,
wat sy bruid, die kerk, kom haal.
Daar was selfs ‘n Joodse wet wat mense verbied het
om enige iets te doen wat die bruilofs-fees sou demp.

Jesus wil beklemtoon, dat met sy teenwoordigheid in ons lewe,
die kenmerkendste Christelike houding vreugde moet wees!
Vreugde en nogmaals vreugde!
Die ontdekking van Jesus, en die teenwoordigheid van Jesus,
is die sleutel tot ‘n vreugdevolle lewe!
Ons lewens moet wys ons is genooide gaste,
by die “bruilofsmaaltyd van die Lam”,
by die deurlopende huweliksonthaal saam met die Here!

Leef jou vreugde, en nogmaals vreugde, saam met die Here!

Ernest