Ons het gesien dat Johannes 14:12 nie gaan oor alles
wat óns vir die Here doen nie,
maar oor Jesus se waarborg, dat ons wat binne God se wil leef,
dieselfde God-verheerlikende dinge sal doen en sê as Hy.
Hoe gaan ons dit regkry om die Here só te weerkaats?
Net die volgende vers 13 gee die antwoord:
“Wat julle ookal in My Naam vra, sal Ek doen,
sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word.”

Jesus sê die antwoord,
om God-verheerlikende dinge te kan doen soos Hy,
is gebed.
Maar Jesus praat nie oor enige soort gebed nie.
Gebed is nie net vra en ontvang nie.
Gebed is om in jesus se Naam te bid.
Dit is om ons afhanklik te stel van Christus,
sodat God se wil in ons lewens kan geskied.
Hierdie gebede is gebede wat aanhoudend pleit,
dat ons die wonderlike werke van die Vader en die Seun sal nadoen.

Gebede wat binne God se wil gebeur,
bid oor en oor dat Hy deur ons lewens verheerlik word.
Sulke gebede plaas ons volledig onder Christus se gesag.
God luister na sulke gebede.
Want dit is gebede waarin ons en ons belange al kleiner word,
sodat sy plan vir sy koninkryk deur ons al groter word.
En dit waarborg Jesus Christus self!
Dan gaan dit nie oor ons “groot dade” nie,
maar oor die grootmaak van die Vader en die Seun, deur ons lewens.
Dan is ons klein genoeg sodat God self sý groot dinge deur ons doen!
Dan sien ons die “groot dinge” nie eers raak nie.
Want ons oog is gerig op die grote God!

Ernest