Paulus bemoedig die gemeente van Laodisea,
en sê dan in Kolossense 2:1-3: “So wil ek hulle bemoedig.
Hulle moet besef dat ons deur die drade van liefde aan mekaar vasgeweef is.
Hulle het die geheim van God, naamlik Jesus, leer ken.
Dit het hulle ryk laat voel. Skatte word in ‘n skatkis gebêre.
Om die goddelike dinge te ken en te verstaan hoe dit werk,
is vir Christene soos sulke waardevolle skatte.
Dit is in Jesus opgesluit en kan net by Hom gekry word.”

Dit is treffend hoe ons aan mekaar verbind is in liefde!
“Dat ons deur die drade van liefde aan mekaar vasgeweef is.”
Ons is met Jesus se liefde aanmekaar vasgeweef soos ‘n goeie Persiese mat.
By Jesus volgelinge is die uitstaande kenmerk onvoorwaardelike Jesus liefde.

Premanand was ‘n Indiër wat ‘n Christen geword het.
Hy vertel in sy outobiografie van vader E. F. Brown,
van die Oxford-sendingstasie in Kolkatta.
Brown was met die liefde van die Here vasgeweef aan die straatkinders in Kolkatta.
Mense het gereeld vir ander sendelinge van hom vertel en gevra na waar hy nou is.
Hulle het van vader Brown gepraat as die “friend of the street boys of Kolkatta,
that used to walk arm-in-arm with the poor”.

Christene word gekenmerk daardeur dat hulle deur die liefde van Jesus
aan ander mense vasgeweef is, en langs alle soorte mense stap,
om vir hulle te wys dat Jesus hulle liefhet!

Ernest