Efesiërs 2:19-22 sê so baie oor ons,
en tot wie ons behoort, en Wie in ons woon.
“Vir God en sy mense is julle nie nou meer vreemd,
of staan julle daar buite iewers nie.
Nee, julle is nou in die volste sin van die woord deel van God se mense.
Julle is deel van sy familie.
Of laat ek die beeld van die bou van ‘n huis gebruik.
Julle is deel van die gebou wat God in hierdie wêreld aan die bou is.
Die fondament van die gebou is die boodskap oor Jesus wat julle gehoor het,
van die manne wat deur God gestuur is en namens Hom praat.
Die belangrikste steen in die gebou,
waarsonder die gebou sommer inmekaar sal val, is Jesus self.
Omdat ons almal Jesus s’n is, en Hy ons Here is,
vorm ons almal saam ‘n sterk en stewige gebou.
Dit is soos ‘n spesiale huis net vir God. Elkeen van julle wat Jesus s’n is,
is deel van hierdie gebou.
En God self woon in julle gebou omdat sy Gees in julle is.”
Treffende dinge word hier oor ons gesê:
Ons is nie meer vreemd vir God en sy mense nie.
Ons is deel van God se familie!
Ons is deel van God se bouwerk in die wêreld.
Ons is Jesus s’n, en Hy is ons Here! Hy bind ons saam.
En God woon deur sy Gees in ons!
In die inspirerende fliek, Akeelah and the Bee,
is Akeelah Anderson ‘n buitengewone student in ‘n ondergemiddelde skool.
Haar huislike lewe is ‘n groot worsteling, ‘n “struggle”.
Akeelah besef daarom nie watter potensiaal in haar opgesluit is nie.
Sy word deel van ‘n landwye spelkompetisie.
Haar mentor, Larabee, daag haar uit om haar potensiaal te ontdek.
Sy doen dit met die bekende aanhaling van Marianne Williamson:
“Our deepest fear is not that we are inadequate.
Our deepest fear is that we are powerful beyond measure.
We ask ourselves:
Who am I to be brilliant,gorgeous, talented, fabulous?
Actually, who are you not to be?”
Dit is wonderlik om te sien hoe Akeelah al hoe meer in haarself glo.
Sy ontdek wie sy is, en kan wees vir ander mense.
Sy ontdek ware liefde deur ander mense vir haar, en deur haar, vir ander mense!
Aan die einde merk sy op, die enigste woord wat sy eintlik leer spel het,
en wat regtig ‘n verskil in haar lewe gemaak het, is L-O-V-E!
Ontdek dat dit ook die woord is wat die verskil maak in jou lewe.
Al jou potensiaal lê in die eerste plek daarin!
Deur God se liefde is jy nou deel van die familie van God.
Jy is Jesus s’n. Hy is jou Here. Hy bind jou met liefde aan ander.
Hy woon deur die Gees in jou!
Jy het ongelooflike potensiaal in Hom!
Ernest