‘n Dissipel van die Here maak impak!
“Mr. Holland’s Opus” is ‘n fliek oor meneer Glenn Holland,
‘n gefrustreerde musiekonderwyser in die 1960’s,
wat sy hele lewe lank ‘n simfonie, ‘n opus, wou skryf.
Wanneer hy die dag aftree, sit die skoolsaal vol oud-leerlinge!
Hy is hoogs verras daarmee. Oud leerlinge!
Die goeweneur van Oregon het die verrigtinge gelei.
Sy het vertel dat meneer Holland nooit sy simfonie geskryf het nie.
Maar tog is hy ‘n besondere persoon,
wat ‘n groot impak op hul lewens gemaak het!
Almal wat daar in die saal sit is lewende melodieë,
en note, van sy simfonie.
Hulle is die musiek van sy lewe!
Hy het impak gemaak in elkeen van hulle se lewe!
As ‘n dissipel van die Here Jesus,
is jou invloed op ander mense die impak verhaal van jou lewe.
Dit gaan vir jou bo alles oor die Here in jou lewe.
Psalm 73:25 sê:
“Daar is niks in die hemel of op die aarde,
wat vir my meer beteken as U nie.”
Iemand het treffend gesê:
“When you stand at the Heaven’s Gate,
would you rather be told you believed too much, or too little?
Or you cared too much, or too little?
Or you were too forgiven, or too judgmental?
Or “Well done, you hyper-hopeful and risk-taking servant”, or,
“Well done, you sober and play-it-safe servant”?
Moenie middelmatig vir die Here leef nie.
Leef met impak!
Ernest