Kyk maar net wat het gebeur nadat die dissipels van die Here
vervul is met die Heilige Gees! Hulle keer die wêreld om!
Dit geld ook vir ons. Dieselfde woorde wat Paulus vir die mense
van Tessalonika gesê het, geld vir ons!
1 Tess. 1:7-8: “So het julle ‘n voorbeeld geword,
en oral het mense gehoor van julle geloof in God.”

Voluit vir die Here!
Bonhoeffer het dit treffend gesê:
“When Christ calls a man, he bids him come and die!”
Sterf aan jou ou sondige mens, wat soos ‘n passer al om jouself draai.
Lewe die nuwe veranderde mens, wat jy nou is! Wat verskil maak!
Omdat jy God bo alles liefhet, en jou naaste soos jouself.
1 Timoteus 6:12 sê:
“Daartoe het God jou geroep,
en het jy die goeie belydenis voor baie getuies afgelê.”

Hoe meer jy die Here liefhet,
hoe duideliker sal ander mense hom in jou lewe raaksien.
Dit was byvoorbeeld so met David Livingstone.
Hy was ‘n sendeling en ontdekkingsreisiger in Afrika.
Hy het die liefde van die Here in Afrika ingedra.
Hy het orals vir almal met die liefde van die Here behandel,
en hulle van die Here se liefde vir hulle vertel.
Stanley, ‘n ongelowige koerantman,
het in Afrika na Livingstone gaan soek.
Nadat hy hom uiteindelik gekry het,
het hy vir ‘n paar weke saam met Livingstone in Afrika gewoon.
Van Livingstone het Stanley vertel:
“I was compelled to become a Christian,
even though Livingstone never spoke to me about it!”
Dit is ‘n impak lewe vir die Here wat so maak en lyk!

“God calls you, sometimes to a playground, sometimes to a battleground.
Sometimes to the foreground, sometimes to the background,
but never to stand on middleground.” – (Anoniem)

Mag jy so lewe dat die mense die Here in jou sien.

Ernest