Wanneer jy ontdek dat God jou onvoorwaardelik liefhet,
kan jy nie anders nie as om God lief te hê,
jou naaste lief te hê, en jouself lief te hê.
Wanneer jy besef jy is God se geliefde kind, verander jou uitkyk op die lewe.
Fritz Peris, ‘n beroemde sielkundige,
het ‘n baie waar ding gesê oor die manier waarop ons lewe:
“The fundamental question in life is whether we live it from the outside in,
or from the inside out.”
Wanneer jy van buite na binne leef,
word jou hele lewe bepaal deur wat met jou gebeur.
Wanneer mense jou in die steek laat, of negatiewe seine stuur,
word jou hele lewe ongelukkig en val dit uitmekaar.
Maar as jy van binne na buite lewe,
word jou hele lewe bepaal deur aan Wie jy behoort, en Wie jy vir Hóm is!
Jy behoort aan God en jy is vir Hom baie spesiaal!
“Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het.” – 1 Johannes 4:19.
Ons kán liefhê soos God wil hê dat ons moet liefhê!
Omdat God ons eerste liefgehad het, kan ons liefhê!
So begin jy met jou lewe ander mense se lewens verander.
Die lewe word vir jou diep, betekenisvol, en lekker,
wanneer jyself ‘n lig in die duisternis word.
Hans Christian Anderson is ‘n sprokieskrywer wat betekenisvol skryf:
“Elke persoon se lewe is ‘n sprokie wat deur God se vingers geskryf is.
Geniet daarom die lewe voluit! Daar is eendag genoeg tyd om dood te wees!”
“Life is painting a picture, not doing a sum!” – Oliver Wendell.
Ernest