Paulus is saam met ander gevangenis op pad na Rome om verhoor te word.
Handelinge 28 vertel van al hul ontberinge saam met die soldate.
Uiteindelik het hulle aangekom, en die gelowiges daar het van hulle gehoor.
Vers 15 sê:
“Die gelowiges daar het van ons gehoor,
en party van hulle het ons by die Appiusmark kom ontmoet,
en party by die Drie Herberge.
Toe Paulus hulle sien het hy God gedank en moed geskep.”

Paulus se blydskap oor die gelowiges wat die moeite gedoen het om hom,
na al sy ontberinge, by die Appiusmark en die Drie Herberge te kom ontmoet,
bevestig weereens vir ons:
selfs met God by ons, het gelowiges ander gelowiges nodig.

Die gelowiges kon vir Paulus ‘n boodskap in die huis gelos het,
waarin hy onder bewaking moes woon.
Of hulle kon probeer reël dat hy so goed as moontlik versorg sal wees.
Maar hulle doen baie meer as dit!
Hulle is self daar. Hulle gee hulself, hul tyd en hul opoffering.
Hulle kom as medegelowiges!
Hulle persoonlike teenwoordigheid is juis dit wat Paulus laat moed skep.
Hy dank God daarvoor!
Vir medegelowiges wat saam met Hom is,
in dit wat vir hom voorlê.

Ons het mekaar nodig,
al weet ons God is by ons.

Ernest