Johannes 8:12:
“Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie,
maar sal die lig hê wat lewe gee.”

God se lig in jou, het wonderlike gevolge!
Wanneer God se lig in jou siel is, sal jou persoon mooi en goed wees,
wanneer jou persoon mooi en goed is, sal daar harmonie in jou gesin wees,
wanneer daar harmonie in jou gesin is, sal daar orde en respek in jou volk wees,
en wanneer dit so in jou volk is, sal daar vrede in die wêreld wees.
Alles, as gevolg van God se lig in sy kindes!

Van Morrison is ‘n baie bekende pop-ikoon, wat ‘n treffende lied geskryf het.
Sy lied, “Whenever God Shines His Light on Me”, slaan jou voete onder jou uit.
En boonop word hierdie sielskos-lied toe ‘n treffer in sy tyd!
Hierdie lied het energie-gevulde woorde,
en sê dat wanneer God sy lig op ons laat skyn,
vind ‘n grootskaalse verandering in ons lewe plaas!
Jou lewe is net eenvoudig nooit weer dieselfde nie!
Dit is wat die Johannes 8:12 woorde van die Here sê!
Die lig wat die Here ons gee, laat ons vir die eerste keer werklik lewe!
Gaan lees Van Morrison se lied op die internet!

Vry vertaal sê dele van die lied:
Wanneer God se lig op jou skyn, gaan jou oë oop sodat jy kan sien.
Dan kan jy selfs in die donkerste nag weet, alles sal goedgaan.
Wanneer jy verward is en wanhopig raak, steek net jou hand uit na Hom.
Hy is altyd daar! Wanneer jy op jou eensaamste is,
weet God skyn sy lig op jou.
Met Hom kan jy al jou probleme deel.
Jy kan elke dag in sy almagtige krag leef!

Van Morrison eindig sy lied met hierdie woorde:
“If you live the life you love, you get the blessing from above.
Heals the sick and heals the lame. Says you can too, in Jesus Name.
And He lifts you up, and He turns you around.
And He puts your feet back on higher grounds.”

In hierdie wêreld moet ons dringend die lig van God laat skyn,
die lig wat lewe gee!

Ernest