Ons sal nie uit eie krag of energie ons lig kan laat skyn nie.
Dit is immers God se lig wat deur ons skyn!
Daar was vroeër jare ‘n baie bekende kampliedjie,
“This Little Light Of Mine” wat baie gewild was:
“This little light of mine, I’m gonna let it shine. (3x)
Let it shine all the time, let it shine.”
Die jeug kon nie uitgesing raak daaraan nie!
Maar hoe skyn ons lig “all the time”?
Hoe kan ons te alle tye ons lig helder laat skyn?
Dit is presies hier waar die Heilige Gees ons help.
Sonder die Heilige Gees kan ons lig nie skyn nie.
Die vroeë Christene het ‘n treffende gebed gehad:
“Kom, o Heilige Gees. Kom.
Kom as Heilige Vuur en brand in ons.
Kom as Heilige Wind en waai ons skoon.
Kom as Heilige Lig en lei ons.
Kom as Heilige Waarheid en leer ons.
Kom as Heilige liefde en omvou ons.
Kom as Heilige krag en inspireer ons.
Kom as Oorvloed Lewe en oorstroom ons.
Verander ons, vorm ons, totdat ons word soos God wil.
Kom, o Heilige Gees. Kom!
Amen.”
Kom ons bid en leef hierdie gebed.
Dan sal ons lig skyn soos God deur sy Gees wil!
Dan sal ons word wat ‘n wyse vir sy leerlinge geleer het.
Hulle het gevra:
“Tell us the difference between one who preaches,
and one who practises”.
Die ou meester het geantwoord:
“Those who preach use a torch to show the way.
Those who practise are the torch.”
“Ons lewe deur die Gees;
laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal.” – Gal. 5:25.
Ernest