Romeine 8:6:
“Die dinge waarmee die Gees Hom besig hou,
bring lewe en vrede.”
Efesiërs 5:18:
“…laat die Gees julle vervul…”
Wanneer die Heilige Gees beheer van jou lewe oorneem,
gebeur wonderwerke! Werklik!
En deur die Heilige Gees glo jy dit!
Wonderwerke in jou lewe!
Die Heilige Gees laat jou helder skyn!

Net realiste glo in wonders!
Want realiste wéét, met die Gees in ons midde,
kan ons die onmoontlike doen!
Die Woord van God is vol van hierdie werklikheid!

Op sy eie was Moses beperk tot die oppas van sy skape.
Met die Heilige Gees lei hy die Jode tot vryheid.
Op sy eie het Dawid homself nie as meer gesien as skaapwagter nie.
Met die Heilige Gees het hy die beste koning van Israel geword.
Op sy eie was Johannes die Doper ‘n verwerpte en ‘n mislukking.
Met die Heilige Gees was hy ‘n profeet wat die pad vir Jesus voorberei.
Op haar eie was Maria onbelangrik in die oë van ander.
Met die Heilige Gees was sy die draer van die grootste geskenk,
die grootste wat God ooit gegee het: Sy eie Seun!
Op sy eie was Petrus bang om te erken dat hy Jesus ken.
Met die Heilige Gees preek hy voor duisende oor Jesus!
Op sy eie was Paulus gevul met hoogmoed,
en het hy met ywer die kerk van die Here vervolg.
Met die Heilige Gees was hy gevul met liefde,
en het hy seker die grootste sendeling van alle tye geword.

Alles wonderwerke deur die Heilige Gees,
in die lewe van gewone gelowiges!
Op jou eie is jou lewe beperk tot middelmatigheid.
Of selfs tot mislukking.
Met die Heilige Gees, weet jy nou,
waarheen die Here jou gaan neem!
‘n Wonderwek lewe! Deur die Gees!
Die Heilige Gees laat jou helder skyn!

Ernest