“Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop,
om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.” – Hebreërs 11:1.

The Living Bible sê:
“What is faith?
It is the confident assurance that something we want is going to happen.
It is the certainty that what we hope for, is waiting for us.”

Geloof is vertroue, en ‘n sekerheid, wat van God af kom.
Geloof is nie noodwendig om te voel nie.
Dit is om voort te gaan om seker te wees, al vóél ek nie.

Geloof is nooit uit onsself nie, maar ‘n gawe van God.
Geloof is ‘n verhouding. Dit is ‘n besondere verhouding.
Dit is die verhouding tussen God en elke sondaar,
wat Jesus Christus as Verlosser aanvaar het, en Hom eer.

Geloof en hoop is in die waarheid gewortel.
Paulus skryf dit so in Titus 1:1-2:
“Ek het die opdrag ontvang om die uitverkorenes van God te lei,
tot geloof en tot kennis van die waarheid,
dié waarheid wat lei tot die diens van God,
en wat hoop gee op die ewige lewe.”

Geloof is om te weet dat Hy op wie ek hoop,
betroubaar en waaragtig is.
Geloof is om te weet dat ek deel sal hê aan Christus se lyding,
soos ek ook deel het aan sy opstanding.
Dit is egter ook om net so seker te weet
dat Jesus Christus al die dae van my aardse lewe,
tot die voleinding van die wêreld, by my sal wees!
Dit staan in Matteus 28:20:
“…En onthou:
Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”

Ernest