Dit is jammer dat baie Christene hul Christenskap op die agtergrond hou.
Hulle dink dat baie mense Christenskap sinoniem maak met naïwiteit,
en ‘n gebrek aan balans in die lewe.
Hulle dink die wêreld sal dink dat hulle oorboord gaan met hulle oortuigings.
So word Christene as’t ware bang wenners, senuweeagtig en onseker,
oor hoe om Jesus voor die wêreld te bely.
Tog weet ons dat die wêreld moet weet,
dat ons as beelddraers van God Hom oral verteenwoordig.
As sout moet ons oral wees. En ook smaakvol.
God gee inderdaad aan ons die wysheid en kennis,
hoe ons hom oral kan verteenwoordig.
Van die atletiekbaan, tot op die orkesverhoog.
Van dienslewering in die openbare sektor,
tot professionaliteit in die kantoor.
Ons het wysheid en insig van Bo nodig om dit te doen,
en die Here gee dit ook!
Ons wil dit doen soos vir die Here en nie vir mense nie!
Alles begin by die dien van die Here!
Spreuke 1:7 sê dit:
“Kennis begin met die dien van die Here…”
Alle insigte, alle geslaagde menseverhoudings, alles…
Wysheid begin met die dien van die Here!
Die lewe begin met die dien van die Here!
So sê elkeen wat die Here begin dien het!
Ernest