Filippense 4:4 sê:
“Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!”
L. Sweet het hieroor gesê:
“Most basically, Jesus means joy. If we are truly filled with this joy,
it should be on the brink of bubbling and gurgling out of us each day”.

Kan mens altyd bly wees? Leef Paulus in ‘n droomwêreld?
Nee, hy leef verseker nie in ‘n droomwêreld nie.
Gaan lees maar van al die ontberinge wat hy moes deurstaan,
ter wille van die Evangelie. En hier, as hy die Filippense brief skryf,
sit hy in die tronk in Rome en wag vir die doodstraf.
Hoekom kan hy dit dan sê?
Let op, “Wees altyd bly…in die Here!”. Jou blydskap lê in die Here.
Hy is die Bron daarvan. Nie jou omstandighede nie.
Wat ookal met jou kan gebeur,
die Here kan nie van jou weggeneem word nie!
Lees maar Romeine 8. Niks kan ons van die liefde van God skei nie.
Die liefde wat hy vir ons het in Jesus Christus.
Hy woon permanent in ons deur die Heilige Gees!
Laat die Gees nou jou gedrag bepaal! - Galasiërs 5:25.

Joe het elke jaar met Kersfees vir sy leraar ‘n bottel
perskebrandewyn gegee wat hyself tuis gemaak het.
Hulle het mekaar dikwels strepe getrek hieroor,
en mekaar daaroor gespot in ligte luim.
Een jaar het Joe gesê hy sal weer vir die leraar ‘n bottel geskenk gee,
op een voorwaarde:
Hy moet Joe van die preekstoel af daarvoor bedank!
Die leraar wou nie die indruk skep dat hy ‘n “drinker” is nie,
en was in ‘n hoek vasgeverf.
Maar hy was gaande oor die lekker tuisgemaakte perskebrandewyn.
Hy het die uitdaging aanvaar!
Joe het agteroor gesit, die Sondag in die kerk,
en gewonder hoé sy goeie vriend uit hierdie een gaan kom.
Die leraar het begin:
“Before we begin, I have an announcement.
I would very much like to thank my friend Joe for his kind gift of peaches…
and especially for the spirit in which they were given. Thank you Joe!”

Kom ons “leef lig”, in die lig van Kersfees, en nie swaarmoedig nie.
Die Here het gekom. Die Here is hier. Niks kan Hom van jou wegneem nie.
Leef met blydskap in die Here. Want Hy leef in jou deur sy Gees!
Moenie dat jou omstandighede jou lewenskwaliteit bepaal nie.
Laat die Here dit deur sy Gees bepaal, sy Gees wat in jou woon!
Ons het met Kersfees die wonderlikste geskenk ontvang,
naamlik Jesus die Here.
En veral die Gees, waarin Hy deur God aan ons gegee is, die “Spirit”,
maak ons vol vreugde en blydskap.

Ernest