Die Here sê in Hebreërs 13:5:
“Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”
Vandag, aan die einde van hierdie jaar, sal jy daarvan kan getuig!
As Hy jou verlaat het, sou jy ophou lewe het.
Jy kan nie eers asemhaal sonder Hom nie!
En wat God in jou begin het, sal Hy ook voleindig!
Die Bybel gee oneindige hoop hierin. God is by my!
God skryf my nooit af nie.

Robert Schuller vertel van sy vriende wat ‘n erediens in Nassau,
in die Bahamas, bygewoon het. Die leraar het oor en oor beklemtoon:
“Wees ‘n iemand! God neem nie tyd om ‘n niemand te maak nie.
Almal wat God maak, word geskep as ‘n iemand!”
Dit is so effektief herhaal, dat sy vriende dit nooit sal vergeet nie.
Ons,…moet dit nooit vergeet nie!

Babe Ruth, die bofballegende,
het die ongelooflike rekord van 714 “home runs”.
Maar in sy laaste wedstryd was hy nie meer op sy allerbeste nie,
as gevolg van sy ouderdom.
Dit het veroorsaak dat die ander span vyf boflopies aangeteken het.
Toe hy van die veld af loop het die skare hom uitgejou.
‘n Seuntjie het opgespring, oor die reëling gespring,
en op die veld op gehardloop na sy held toe.
Hy het gehuil en sy arms om Ruth se bene gesit, en hom vasgehou.
Skielik het die skare se gejou opgehou…..
‘n Klein seuntjie wat omgee vir ‘n ander mens….
wat so maklik nóú, hiér, afgeskryf en gejou word.

Deur die Seun in die krip in Betlehem, het God kom sê Hy gee om.
Hy skryf jou nie af nie. Hy jou nie vir jou uit as jy misluk nie.
Kyk terug op hierdie jaar, en vorentoe na die nuwe jaar, en wéét dit!
Vir God is jy iemand!
Vir jou het Hy álles gegee aan die Kruis!

Ernest