Een van die heel belangrikste dinge wat ons nodig het,
om hierdie jaar en ons toekoms in die oog te kyk,
en vir die Here daarin te leef as sy verteenwoordigers,
is wysheid.
Jakobus 3:17 praat van die wysheid wat van Bo kom.
Wanneer ons soek na wysheid, is ons wys.
Maar wanneer jy jou verbeel dat jy dit alreeds bereik het, is jy dwaas.
Wysheid is nie iets wat jy besit nie.
Dit is ook nie ‘n bestemming wat jy uiteindelik bereik nie.
Wysheid is die Bybelse term vir die lewe van:
op die aarde net soos in die hemel te leef.
Dit is die kuns om met vaardigheid, wat die Heilige Gees gee,
in enige situasie te leef,
en God se verteenwoordiger daarin te wees!
Wysheid word nie deur IK bepaal nie.
Iemand het hieroor gesê:
“Committing a great truth to memory is admirable;
committing it to life is wisdom”.
Mense wil meer en meer kennis hê.
Ons Google elke moontlike onderwerp en win kennis in.
Mense soek na kennis, maar nie na wysheid nie.
Kennis verander elke dag, maar wysheid bly vir altyd.
Vernon Cooper het gesê:
“These days people seek knowledge, not wisdom.
Knowledge is of the past, wisdom is of the future.”
Jakobus 3:14 sê:
“Moenie spog dat julle wysheid het nie,
want dan praat julle nie die waarheid nie.”
“Knowledge is proud that he has learned so much.
Wisdom is humble that he knows no more” – W. Cowper.
Jakobus praat ook van onwysheid,
as enige woorde of dade wat vrede vernietig.
Christenwees is soveel meer as ‘n naam. Dit is ‘n leefstyl.
Dit is om meer en meer soos Jesus te leef!
Dit het te doen met alles in jou lewe!
Dit is inderdaad om op aarde te leef soos in die hemel.
Daarom leer die Here Jesus ons ook om te bid:
“…laat U wil ook op die aarde geskied,
net soos in die hemel.”
En dit wil die Here deur ons doen!
Daarvoor het ons wysheid nodig wat van Bo kom!
Ernest