Jakobus 3:17 sê:
“Wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings.”
Wysheid van Bo is wysheid wat van God kom.
Daarom word “Bo” met ‘n hoofletter gespel.
Dit is hemelse wysheid, en is altyd sonder bybedoelings.

Wat beteken dit?
Sonder bybedoelings is om rein van hart te wees.
Jesus sê in Matteus 5:8:
“Geseënd is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.”
Hoe is ‘n mens rein van hart?...sonder bybedoelings?
‘n Hollandse spreuk sê dit so:
“Wie God bo alles liefhet, sal God in alles en almal sien”.
Wysheid wat van Bo kom leef God se riglyne vir die lewe uit.
Sonder bybedoelings, sonder skynheiligheid.
Wysheid wat van Bo kom,
laat ons ander mense hanteer soos God hulle hanteer.

Die sosioloë het ‘n teorie van die “looking-glass-self”.
Jy word wat die belangrikste persoon in jou lewe van jou dink.
Wie is die belangrikste persoon in jou lewe?
God! En as dit Hý is, wat dink Hý van jou?!
Word wie Hy in jou is!

Robert Schuller gee raad hoe om rein van hart te wees:
“Wise up” – Jy het God nodiger as enige iets anders in die lewe.
“Clean up” – Laat toe dat God jou lewe skoon maak.
“Give up” – Laat los alles wat jou fokus van God wegneem.
“Take up” – Neem jou roeping van God ernstig op,
en gaan groot vir Hom!

Dit laat jou sonder bybedoelings leef,
met wysheid wat van Bo kom.

Ernest