Jakobus 3:17 sê verder:
“Die wysheid wat van Bo kom,
is verder vredeliewend, inskiklik.”
Wat beteken dit in die daaglikse lewe?
Die wetenskaplike, Blaise Pascal, het gesê:
“Die helfte van die lewe se probleme kom daarvan,
dat mense onwillig is om net ‘n halfuur lank stil te sit,
en aan al die moontlike gevolge van hulle optrede te dink.”
Hemelse wysheid laat jou veral in vrede leef,
met God en met ander mense.
Dit bring mense nader aan mekaar,
en veral nader aan God.
So dikwels waarsku die Woord van God ons,
om nie te skinder nie,
nie kwaad te praat of rusie te soek nie.
Daardeur breek jy ander af,
wat juis na die beeld van God geskep is.
Hemelse wysheid is ook inskiklik.
Dit beteken om sag teenoor ander te wees, vol genade.
Hoe kry jy dit reg?
Deur elke dag jou oor by God se hart te hou.
Hoe doen jy dit?
Deur stilhoutyd by die Woord van God, en gesprek met God!
Ernest