Jakobus 3:17 sê dat wysheid van Bo bedagsaam is, en vol medelye.
Wat beteken dit dat wysheid van Bo bedagsaam is?
Dit beteken dat hierdie wysheid leerbaar is.
Die Griekse woord, wat met bedagsaamheid vertaal word,
kan ook beteken:
Luister altyd na ander sonder vooraf aannames.
Wysheid van Bo het altyd nog iets om te leer.
Daarom raak mense met wysheid van Bo nie maklik kwaad nie,
en hulle is nie veglustig en verdedigend nie.
Wysheid is nie dwarstrekkerig nie, of rigied nie,
of moeilik om mee saam te werk nie.
Doug Larson het gesê:
“Wisdom is the reward you get for a lifetime of listening,
when you would have preferred to talk.”
En ook: “Wisdom is the quality that keeps you from
getting into situations where you need it!”

Die wysheid van Bo is daarom ook vol medelye.
Dit is meegevoel wat ons dinge laat doen!
Om te vergewe en vir ander te doen,
sonder om iets terug te verwag.
In die fliek “Ferris Bueller’s Day Off”,
sê die hoofkarakter: “Life moves pretty fast;
if you don’t stop and look around every once in a while,
you could miss it!”
Medelye laat jou stilstaan by mense,
en iets doen vir hulle…
nie net gemaak aangedaan jou kop skud,
en aanbeweeg nie.

Leef vol wysheid, bedagsaam en vol medelye.

Ernest