God stuur ons juis ook na mense na wie ons nie wil gaan nie.
Ons sien dit in Handelinge 10 met Petrus.
In Sesaria woon Kornelius.
Hy is godsdienstig, ‘n getroue bidder, Godvresend.
Hy weet egter nog nie van Jesus se opstanding uit die dood nie.
Of die nuwe lewe en ewige lewe in Jesus Christus nie.
Hy dien die God van die Ou Testament.
Maar nou het God hom in sy onkunde aangesien,
en God stuur ‘n engel na hom om ‘n nuwe proses
in sy lewe aan die gang te sit.
Die engel sê vir Kornelius dat hy Petrus na sy huis moet ontbied.
Nou,…Simon Petrus.
Hierdie boodskap staan hom nie aan nie.
As hy vir hom vriende bymekaar moes maak,
sou Kornelius verseker nie een wees nie.
Hy sou eerder vriende wees met iemand soos Ananias,
en Jona uit die Ou Testament.
Hulle het dit in gemeen dat nie een van hulle daarvan hou
om na die mense toe te gaan na wie God hulle stuur nie.
Jona hou nie van die mense van Nineve nie,
en veral nie daarvan dat God hulle begenadig nie.
Ananias was baie skepties om na Paulus toe te gaan,
en het sy bedenke oor hom omdat hy die kerk vervolg.
En Petrus wil nie meng met die onbesnede heidene nie!
Maar God gee ‘n opdrag aan Petrus.
Hy moet juis na dié mense toe gaan oor wie hy bedenkinge het,
en met wie hy nie wil meng nie.
Petrus protesteer. Saam met heidene en onbesnedenes eet!?
“Maar ek het nog nooit iets geëet wat onheilig of onrein is nie.”
En dan sê God in Handelinge 10:15:
“Wat God rein verklaar het, mag jy nie onrein ag nie.”
Dit is waarskynlik ons probleem:
“Ek het nog nooit nie….”
Ons wil dikwels voor God staan met hierdie verskoning.
Wanneer God aan ons opdragte gee kom ons vining met:
“Ek het nog nooit nie…”, of “ek kan nie….”,
wat eintlik maar beteken: “Ek wil nie….”
Maar dit tel nie voor God nie.
Juis daarom roep Hy jou! En stuur jou!
Verlede, tradisies, vrese, gebruike,
vooroordele, tel nie vir Hom nie.
God wil deur ons tot alle mense nader,
en sy woorde van Heb. 11:6 waarmaak:
“Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan,
en dat Hy die wat na Hom soek, beloon.”
So was dit met Kornelius vir wie God wou beloon.
En Petrus, wat moes leer doen wat hy nog nooit gedoen het nie.
Steek grense oor…saam met God!
Ernest