Hoe dikwels leef ons nie agter toe deure nie…
Daar waar die nood van die mensdom nie sigbaar is nie.
Waar ons kan skuil teen die moegheid, leegheid, honger,
en die krete van siekes en mense in nood.
Dit is vir ons hoogs ongemaklik….
as ‘n honger mens aan ons deur kom klop.
Ons is besig met kosmaak….of ontspan in ‘n lekker skuimbad…

Maar buitekant ons deure staan Jesus in weemoed by mense.
Matteus 9:36-37 sê:
“Toe Hy die menigtes sien, het Hy hulle innig jammer gekry,
want hulle was moeg en hulpeloos,
soos skape wat nie ‘n wagter het nie.
Hy sê toe vir sy dissipels: “Die oes is groot, maar die arbeiders min.”
Jesus staan met ‘n bloeiende hart na die mense en kyk,
mense wat moeg en hulpeloos is.

Dit kan baie gevaarlik wees,
om agter toe deure te leef,
en jou rug op mense te draai.

Matteus 25:41-46 skryf daaroor….
Daar sê Jesus vir mense dat hulle moet weggaan van Hom af…
...want Ek was honger,
en julle het My niks gegee om te eet nie;
Ek was dors, en julle het my niks gegee om te drink nie;
….sonder klere, en julle het My nie klere gegee nie;…
Here, wanneer het dit gebeur..?
Vers 45-46: “Dit verseker Ek julle:
“Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie,
het julle dit aan My ook nie gedoen nie.
En hierdie mense sal die ewige straf ontvang,
maar die wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe.”

Ernest