Blydskap in die Here is die kern van Christenwees!
Jesus sê in Johannes 15:11:
“Dit sê Ek vir julle sodat My blydskap in julle kan wees,
en julle blydskap volkome kan wees.”
“Happiness depends on happenings that come and go;
joy comes from Jesus who lives forever.”
Blydskap word gelees in ons oë.
Blydskap word gehoor in ons stemtoon.
Dit word gevoel in ons aanraking.
Dit kan op geen manier kunsmatig aangebring of volgehou word nie.
As blydskap nie jou hart vul nie, kan dit nie uit jou oë skyn nie.
Jesus is eerlik met sy volgelinge:
“In hierdie wêreld gaan julle dit moeilik hê.
Ek stuur julle soos skape tussen wolwe in.
As iemand nie bereid is om sy kruis op te neem en My te volg nie,
is hy My nie waardig nie.”
En tog, ten spyte van hierdie woorde,
verseker die Here ons van standhoudende blydskap!
Standhoudende blydskap!...
as deel van ons getuienis, en ons erfporsie.
Blydskap is die taal van die hemel,
wat deur God se kinders gepraat word.
Wanneer word blydskap my lewe?
Dit word dit…
wanneer ek ‘n persoonlike verhouding met die Here het,
wanneer ek sy opdragte uitvoer en in die liefde van Jesus bly,
wanneer die Heilige Gees beheer van my lewe oorneem.
Het jy jou blydskap verloor?
Ernest