Wanneer die Bose ons aanval,
moet ons nie dink net ‘n slagspreuk sal hom laat wyk nie.
Dit help nie om net “speels” te sê “wyk Satan” nie.
Dalk is dit omdat ons dink ons weet genoeg van hom,
dat ons so maklik só optree.
Ons sê dit maklik vir medegelowiges,
om maar net te sê “wyk Satan”.
Ken ons regtig hierdie geslepe, duiwelse,
Leuenagtige, haatlike styl van die vader van die leuen?
Hoe hy huwelike en verhoudings vernietig…
Vrees bring by mense oor wêreldse realiteite…
Twyfel saai oor ons verhouding met God….en ongeloof.
Ons weer aankla met ou sonde-koeie wat hy uit die sloot grawe…
Ons laat vrees vir die dood….
“Wyk Satan” begrippe, of grepe, alleen, gaan ons nie help nie.
Jesus kom wys vir ons die regte weg in Matteus 4:10-11:
“Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe:
Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.”
Daarna het die duiwel Hom met rus gelaat
en daar het engele gekom en Hom versorg.”
Die Bose wyk nie net oor “wyk Satan” nie,
maar wyk voor die waarheid van die Woord van God,
en word verslaan deur die Naam van die Oorwinnaar,
Jesus Christus.
Let op:
Jesus Self moes die Woord van God drie keer aanwend,
voordat Satan van Hom af weggegaan het!
Efesiërs 6:17 sê die Woord van God is ons swaard,
in die stryd teen die duisternis.
Laat ons met die Woord van God as wapen,
en die Naam van Jesus op ons lippe, teen die Bose veg.
Jesus dui dit as die weg van oorwinning aan!
Ernest