Satan is die vyand van God.
Hy is die verwoester van lewens.
Hy is van die begin af die leuenaar en die die moordenaar.
Die brullende leeu wat rondloop om te soek wie hy kan verslind.
Daarom sê 1 Petrus 5:8-9:
“Wees nugter, wees wakker.”
Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu,
op soek na iemand om te verslind.
Bly standvastig in die geloof en staan hom teë.
En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle
medegelowiges dieselfde soort lyding verduur.”
Kyk net hoe werk die Bose…
In Handelinge 5:3 lees ons:
“Ananias, hoekom het jy jou deur die Satan laat omhaal,
om vir die Heilige Gees te lieg,
en van die verkoopprys van die grond vir jouself agter te hou?”
Die mag van die Bose is dáár waar Ananias en Saffira
hul geld tel na die verkoop van ‘n stuk grond.
Sy fluistering is daar waar ek besin oor my geldsake.
Hy is selfs daar waar Jesus Hom in die woestyn afsonder,
vir sy aardse bediening.
Dáár versoek die Bose Hom.
Die Bose is selfs daar waar ons óns afsonder,
om stiltetyd saam met die Here te hê.
Die Bose is midde in die kring van Jesus se eie dissipels.
Die Bose saai ook verwarring in die hart van die kerk.
En die gemeente kan getuig hoé springlewendig hy is.
Maar, en dit is so ontsettend belangrik,
die Bose is níé alomteenwoordig, en almagtig,
soos God alléén is nie!
Die Bose se mag is aan die kruis gebreek, eens en vir altyd!
Die Here Jesus het opgestaan,
en die Bose en ewige dood oorwin!
En die Here Jesus stel elkeen van ons in staat daartoe,
om die Bose teë te staan,
en aan God oorgegewe te lewe!
Ernest