Jesaja 30:18 beklemtoon dit,
dat die Here gretig is om genadig te wees!
“Tog is die Here gretig om julle genadig te wees,
en wil Hy Hom oor julle ontferm...”
Die profeet praat hier met die volk
wat moedswillig hulle rug op die Here gedraai het.
Nou moes hulle die bitter gevolge daarvan dra.
Die profeet doen ‘n ernstige beroep op hulle,
om hulle te bekeer.

Wanneer ons na Israel se geskiedenis kyk,
kyk ons baie keer in ‘n spieël.
Ons sien onsself in hulle weerbarstigheid en ondankbaarheid.
Hoe is dit moontlik, dink ons,
dat ons ook by tye ons rug op die Here draai?
Ons volg so maklik ons eie kop.
Dan moet ons ook omdraai en na God terugkeer.
Sal Hy ons terugneem?
Dank die Here vir die woorde van Jesaja 30 18:
“Tog is die Here gretig om julle genadig te wees,
en wil Hy Hom oor julle ontferm...”
God wag om my genadig te wees!

Ernest