Jesaja 30:18 sê treffend:
“Tog is die here gretig om julle genadig te wees,
en wil Hy Hom oor julle ontferm...”
Vers 19 gaan nou verder en sê:
“Die Here sal jou genadig wees
as jy na Hom roep om hulp,
Hy sal jou gebed verhoor sodra Hy dit hoor.”

Die Here wag dus totdat....?
Jesaja laat ons verstaan dat God nie sy genade afdwing nie.
Hy dring Homself nie op nie.
Al hou God dag na dag die wêreld in stand deur sy genade,
gaan dit hier oor sy besondere genade aan sy kinders.
Iemand het dit so gesê:
Benewens die elke dag se “gewone” lewens-genade,
gaan dit hier oor die Here wat sy kinders wil seën,
met sy keur-genade.
Die Here dwing dit nie af nie.
Hy wag om te sien of ons Hom onvoorwaardelik vertrou.
Sodra ons dan in hierdie vertroue praat, antwoord Hy.

Is jy bereid om God te vertrou vir die keur van sy seëninge?
Is jy bereid om na Hom te roep in nood?
Die Here wil jou genadig wees, as jy na Hom roep om hulp,
hy sal jou gebed verhoor sodra Hy dit hoor!

Ernest