Psalm 51 is die belydenis, die boete lied wat Dawid geskryf het,
nadat sy manewales met Batseba aan die lig gekom het,
en hy as ‘n egbreker en bedrieër ontmasker is!
Vir hom moes dit vernederend gewees het.
Die spog-koning word die spot-koning.
En dan skryf Dawid hierdie Psalm.
In vers 3 pleit hy:
“Wees my genadig, o God, in U troue liefde,
wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid”.
Dawid beroep hom op God se liefde en barmhartigheid.

Dit is duidelik dat Dawid opregte berou gehad het.
Ook dat hy die Here opreg liefgehad het.
Hy wou graag weer in die regte verhouding met God kom.

Wanneer Dawid om vergifnis pleit,
is die belydenis daar dat hy niks verdien nie.
Hy maak slegs aanspraak op God se genade en barmhartigheid.
Dit is diep afhanklikheid van God.
God se barmhartigheid wis ons skuld uit!

Ernest