Prediker 12:13 sê:
“Die slotsom van alles wat jy gehoor het, is dit: Dien God.”
God maak jou lewe sinvol. Fokus op Hom!

Paulus help ons hiermee as hy in 1 Tessalonisense 2:4 skryf:
“Ons wil nie die guns van mense probeer wen nie,
maar doen wat God verwag.
Hy wat ons diepste gedagtes toets.”

‘n Fietsryer sien dat niemand kontroleer hoeveel rondtes
in ‘n wedren gedoen word nie.
Hy vra sy maat of hulle nie een rondte minder moet doen nie,
want wie sal weet? Waarop die maat antwoord:
“Jy sal weet, en bo alles sal die Here weet. Jy leef voor Hom,
en jy leef vir Hom. Dien Hom.
Doen al die rondtes vir Hom. Fokus op Hom.”

Met die uitleg van die Disney-temapark,
moes die baken wat bo alles uittroon,
die Ciderella-kasteel wees.
Almal moes dit raaksien, waar hulle ook al in die park is.
Die bouers het voorgestel dat hulle dit laaste moet bou.
Die werkers sal dan die besondere ervaring hê
dat hul werk op ‘n hoogtepunt eindig.
Walt Disney het daarteen besluit
en gesê hulle moet eerste die kasteel bou.
Dan sal elke werker geïnspireer word deur die kasteel,
terwyl hulle die res van die park bou.
Die res is geskiedenis...

Laat God jou inspireer in alles wat jy doen.
Doen dit vir Hom. Dien Hom. Fokus op Hom.
Dit is die doel van jou lewe. Om Hom te eer.
Om Hom te behaag, moet bo alles vir jou uitstaan.
Waar jy ook al in jou lewe beweeg, moet jy Hóm raaksien!
Moenie ‘n “people-pleaser” wees nie, maar ‘n “God-pleaser”.
Moenie die guns van mense probeer wen nie,
maar doen wat God verwag.

Die Westminster Kategismus verduidelik dit só:
“What is the chief end of man?
Man’s chief end is to glorify God, and to enjoy Him forever!”
Wat meer is daar om voor te leef as dit!

Ernest