Die Here het jou oneindig lief.
Jesus sê in Johannes 15:9:
“Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief...”
Jeremia 17 :7 het al gesê:
“Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel...”
John Powell het gesê:
“Our lives are shaped by those who love us –
and by those who refuse to love us.”
Ons wéét dat God ons liefhet,
en dit behoort ons lewe só sinvol in te kleur,
dat mense wat ons nié liefhet nie,
verdof teen die agtergrond van God se liefde!
In die fliek, “O Lucky Man”,
sing Alan Price oor die Here as ons vriend,
wat ons die rede laat ontdek om te leef, en nie te sterf nie,
wat ons die betekenis van die waarheid laat ontdek,
wat ons kennis soos pêrels om ons nek laat hang,
en nie soos kettings nie,
wat ons op ons beste laat wees,
deur net te wees wie Hy ons maak om te wees...
Die Here het jou lief. Vertrou volkome op Hom!
Geniet die lewensreis saam met die Here!
Sien en leef nóú die voluit van die lewe.
Geluk en sin lê in die reis saam met die Here.
Nie net in die eindbestemming nie.
Na die voltooiing van Disney-World het iemand gesê:
“Dit is darem sleg dat Walt Disney nie
geleef het om dit te sien nie.”
Mike Vance, van Disney Studio’s, het geantwoord:
“He did see it – that’s why it is here!”
Sien die lewe terwyl jy dit saam met die Here leef!
Terwyl jy saam met die Here deur die lewe reis,
sal jy ontdek hoe wonderlik die lewe is,
en geseënd, ten spyte van wát ookal.
Want die Here het jou oneindig lief.
Jy kan al jou vertroue in Hom stel.
Ernest