As jou vyand honger is....
“As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet;
as hy dors is, gee hom iets om te drink;
want deur dit te doen maak jy hom vuurrooi van skaamte.”
Romeine 12:20.
‘n Wonderlike gebeure in die ware lewe vertel iets hiervan.
In 1921 het Lewis Lawes die hoofbewaarder geword
van die berugte Sing-Sing-tronk.
Toe hy 20 jaar later aftree, was dit ‘n modeltronk.
Hy het dadelik met sy aftrede gesê dat sy vrou, Catherine,
al die krediet daarvoor moet kry.
Sy is net buite die tronk begrawe.
Sy was ‘n ma van drie klein kinders,
toe haar man die bewaarder by die tronk geword het.
Almal het haar gewaarsku oor die tronk,
dat daar baie gevaarlike mense in die tronk is,
en dat sy nie haar voet binne die tronk moet sit nie.
Sy het haar nie daaraan gesteur nie,
En bogenoemde teks, Romeine 12:20,
as haar oortuiging aangehaal!
Sy het beklemtoon dat sy daarvan oortuig is,
Endat sy en haar man vir die manne gaan sorg.
Sy het geglo hulle sal ook vir haar omgee,
en sy gaan haar nie bekommer nie.
Sy het ‘n blinde man Braille en ‘n doofstom man gebaretaal geleer!
Sy het die manne versorg in terme van siekte en bemoediging.
Baie mense het gesê dat sy die verpersoonliking van Christus
in daardie tronk geword het tussen 1921 en 1937.
Sy is toe onverwags in ‘n motorongeluk oorlede....
Die slegte nuus het soos ‘n veldbrand deur die tronk versprei,
toe Lewis, haar man nie opgedaag het by die tronk nie.
Die volgende oggend het ‘n skare geharde kriminele
voor die waarnemende bewaarder gestaan.
Met hartseer gesigte as ‘n bewys van hul respek en liefde,
vir Lewis en veral vir Catherine.
Die waarnemende bewaarder het reageer:
“Goed manne, julle kan laaste respek vir mevrou Lawes gaan bewys.
Maak net seker julle almal is vanaand weer terug.”
Die geharde manne het, sonder enige bewaking,
die twee kilometer geloop, en sonder uitsondering,
was hulle almal die aand terug in die tronk.
As jou vyand honger is.....
Is dit ‘n naïewe teks?
Nee...God werk deur elke teks.
Ernest