Dankbaarheid haal die beste uit die lewe

Jesus vertel ‘n gelykenis oor muntstukke om te beklemtoon
dat ons die meeste moet maak met wat Hy vir ons gee.
Matteus 25:21 sê in hierdie gelykenis:
“Mooi so! Jy is ‘n goeie en getroue slaaf.
Kom in en deel in my vreugde.”

Om risiko’s te neem is ‘n kenmerk van geloof.
Ons sê dikwels: “Wie nie waag nie, wen nie.”
Daar is drie soorte mense waaroor ons hier kan dink:
“Caretakers – hulle glo in die status quo.
Iemand het grappenderwys gesê dit is Latyn vir:
“Kom ons bly in die gemors wat ons is.”
“Undertakers” – hulle begrawe alles,
ook nuwe idees en inisiatiewe, en die lewe....
“Risktakers” – hulle gee nie om om te waag nie.
Hulle maak foute, maar leer daaruit om beter te doen.

Dankbaarheid laat jou voluit in geloof lewe, en waag.
Grantland Rice het hieroor gesê:
“For when the One Great Scorer comes to write against your name,
He marks not what you won or lost but how you played the game.”
Het jy met jou lewe gewaag vir Hom?

Die lewe is God se geskenk aan jou,
en hoe jy dit uit dankbaarheid leef is jou geskenk aan Hom.
Nikos Kazanzakis het treffend hieroor geskryf:
“You have the brush, you have your colors,
you paint paradise, then in you go!”
Die kwas is die kruis van Christus,
die kleure is die nuwe lewe in Christus,
die paradys is die ewige lewe.

Dankbare mense sien dit raak dat God aan jou die moontlikhede gee
om die beste uit die lewe te haal, en so voluit vir die Here te lewe.
Dan sal die Here eendag vir jou sê:
“Mooi so, jy is ‘n goeie en getroue slaaf.”

Ernest