Die Boodskap vertaal Psalm 139:7 so:
“U is oral. Daar is nie ‘n plek waar ek heen kan gaan waar U nie is nie.”
Iemand het gesê God is juis in sy volle wese teenwoordig, oral!
“God is not a substance spread out in a thin layer all over the earth.
All of Him is in Chicago, in Calcutta, in Cairo,
and in Cape Town..., at once and the same time.”
Deuteronomium 31:6 sê:
“Die Here julle God gaan saam met julle.
Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie.”
Die vroeë Indiane in die Amerikas het hul jong vegters uniek opgelei.
Op ‘n seun se dertiende verjaarsdag is hy in die nag alleen ver in die
digte en onherbergsame bos in gelei, geblinddoek.
Wanneer die oomblik reg was kon hy self, in die pikdonker,
die blinddoek afhaal terwyl hy heeltemal alleen is...
Gewoonlik het vrees die jong vegters beetgepak,
vir wilde roofdiere, slange en ander giftige insekte.
Die onbekende geluide was ook vreesaanjaend.
Wanneer die dag breek, het die jongman meteens
‘n Indiaanse krygsman gesien wat volledig gewapen
eenkant wag gehou het, regdeur die nag.
Die seun het dan met groot opgewondenheid gesien
dat dit niemand anders as sy pa is nie!
Hy was die hele nag daar!
Dit is hoe dit ook met God ons Vader is!
Hy is nooit ver van ons af nie.
Hy is Immanuel! God met ons! Matteus 1:23.
Ernest