Psalm 62:12-13 sê:
“Daar is twee dinge wat vir my baie duidelik geword het:
Dis net God wat regtig mag het.
Net die Here het mense baie lief.”
Besef hoe groot God is.
Sarah Maitland het gesê:
“As it turns out, we do not have a little, tame,
domestic God, but a Big-Enough God,
who is also a supreme generous and patient God;
a God of beauty and chance and solidarity,
or one could say, an extreme God!”
Ons is gemaak om met God in gemeenskap te leef.
Hoe doen ons dit?
Deur die werk aan ons verhouding met Hom,
veral in stiltetyd, Bybellees en gebed.
Ons moet aan enige verhouding werk.
Ook aan ons verhouding met God.
Enige verhouding vra oorgawe én dissipline,
ook ons verhouding met God.
Soos ‘n vis se lewensruimte die water is,
en dit nie buite die water kan leef nie,
so is ons lewensruimte by God,
om in verhouding met God te leef, doelbewus.
Iets in ons trek ons na God toe!
Wat is dit? Hy het ons so geskep!
Ons kom nie tot rus voor ons nie by God uitkom nie.
Ons kan alles is die lewe najaag,
totdat ons uiteindelik moet oorgee aan die besef,
dat God genoeg is!
God het ons lief!
God het ons lief vóór ons kan verander,
om sy guns of liefde te wen!
God sal ons ook nie los soos ons is nie.
Daarvoor het God ons te lief!
God help ons om meer en meer te word,
as wat ons reeds is!
Ernest