Prediker 3:2 sê:
“Daar is ‘n tyd om gebore te word, ‘n tyd om te sterwe.”
Om gebore te word wys op die tyd om te lewe!
Ons is hier om te leef, en om vir God te leef!
Daar kom verseker ‘n tyd wat dit verby is. So, leef nou!
Net so seker as wat God bestaan,
net so seker kom ons lewe hier tot ‘n einde. Dit is “doodseker”!
“Nobody comes alive out of life!”
Ons almal kry ons beurt om met die dood te dans...
Ons lewe net een keer, en om voluit vir die Here daarin te leef,
beteken een lewe is heeltemal genoeg!
Adlai Stevenson het gesê:
“It is not the years in your life, but the live in your years that counts.”
Terwyl ons hier op aarde is moet ons voluit lewe en die lewe geniet.
Die Prediker skrywer beklemtoon dit oor en oor.
Die lewe is moontlik nie altyd die fees waarvoor ons hoop nie,
maar terwyl ons hier is moet ons met die lewe dans!
Ashley Montagu sê daarom:
“The idea is to die young as late as possible!”
Lewe met energie en entoesiasme totdat jy doodgaan.
Baie mense het ophou lewe lank voor hul doodgaan...
Leef terwyl jy leef!
Ernest