Kolossense 4:5 sê:
“Maak die beste gebruik van elke geleentheid.”

Ons lewe net een keer. Maak die beste gebruik daarvan.
Die wewenaar het sy oorlede vrou se mooi rok op die bed uitgelê.
“Sy het altyd gewag vir die regte geleentheid om dit te dra.”
Haar begrafnis is seker nou maar die enigste geleentheid wat oorbly...”

Dit het sy skoonsuster laat besluit om elke dag as spesiale dag te leef.
Sy skryf:
Ek lees meer en stof minder af.
Ek bewonder die uitsig en kla minder oor onkruid.
Ek gee meer tyd aan geliefdes as aan vergaderings.
Ek spaar nie my goed nie en gebruik my breekware by elke geleentheid.
Ek dra my beste klere sommer enige dag.
Ek stel niks uit wat my kan laat lag of vreugde gee nie.
Elke oomblik wat ek my oë oopmaak vertel ek myself hoe spesiaal dit is.
Elke dag, minuut en asemteug is ‘n geskenk van God.
Nadine Stair skryf verder:
Ek probeer minder volmaak wees en maak meer foute.
Ek is minder ernstig en waag meer kanse.
Ek eet meer roomys en minder boontjies.
Ek leef minder voorkomend en geniet net elke oomblik.
Ek geniet net oomblikke...een na die ander...een na die ander...
Ek loop meer kaalvoet rond en kyk na sonsopkoms en sonsondergang.
Ek speel baie meer met kinders en omhels die lewe.
Ek doen dit nou want ek sal dit nie weer oorkry nie.

God gee ons een lewe op aarde.
Leef met passie voluit hierdie lewe vir Hom,
in die groot en klein dingetjies!
So eer jy Hom met jou lewe.
Jesus het gekom om jou die lewe te gee!
En dít in oorvloed!

Ernest