Deuteronomium 30:19:
“Kies die lewe sodat jy en jou nageslag kan lewe.”

Dido sing ‘n lied “Life for Rent” waarin sy sing
dat sy nog nie ‘n plek kon kry wat sy “home” kan noem nie.
Sy besef sy is net ‘n reisiger hier op aarde.
Sy sing van haar drome om by die see te bly en eenvoudiger te leef.
Sy sing die gevolgtrekking:
“But if my life is for rent and I don’t learn to buy,
well I deserve nothing more than I get. Cos nothing I have is truly mine.”

Hier op aarde is ons net “huurders”.
Ons vaste gebou is in die hemel.
2 Kor. 5:1 sê:
“Ons weet dat, wanneer ons aardse woning wat maar ‘n tent is,
afgebreek word, ons ‘n vaste gebou in die hemel het.
Dit is ‘n woning wat nie deur mense gemaak is nie,
maar deur God, en dit bly ewig staan.”

Petrus beklemtoon dit ook in 1 Petrus 2:11:
“Geliefdes, in die wêreld is julle vreemdelinge en bywoners.”
Paulus bevestig dit ook! Filippense 3:20:
“Ons is burgers van die hemel.”

Met hierdie besef lewend in ons,
sal ons nie selfsugtig aan alles vashou nie.
“Cos nothing I have is truly mine...”
Ons sal alles sien as seëninge uit God se hand.
Die lewe is God se geskenk aan jou,
en jou lewe is jou geskenk aan God!

Ernest